Romeine 2:4

Dinsdag 22 Aug. 2017 Tema: Hy is geduldig en verdraagsaam 2
**** My eie woorde:
**** Soms gebeur daar negatiewe goed met ons maar uiteindelik
sien mens steeds God se hand daarin. Sy karakter is goedheid
verdraagsaamheid en geduld, maar Paulus identifiseer dat die fout
in my hart lê. Daar is twee uiterstes in die lewe waarvoor ons baie
versigtig moet wees. Die een is, dat God net liefde is soos ‘n goeie
Kersvader wat geskenkies uitdeel aan almal. Jy kan maar doen net
wat jy wil Hy dink dis doodreg. Die volgende uiterste is weer dat ek
ervaar ek is so ‘n groot sondaar Sy liefde en genade kan nooit my
sonde vergewe nie. Die woord sê ons moet luister en doen want
dan wys ons ons staan op die Rots van die Eeue.
Romeine 2V4 NV God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en
geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy
goedheid tot bekering wil lei nie? 5 Maar deur jou verharding en jou
onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die
oordeelsdag, wanneer God sy regverdige oordeel sal uitspreek. 6
Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade:7 aan dié wat in goeddoen
volhard en op dié manier soek na ewige heerlikheid, eer en
onverganklikheid, gee Hy die ewige lewe;8 maar dié wat uit selfsug
ongehoorsaam is aan die waarheid en toegee aan die
ongeregtigheid, straf Hy in sy toorn.
Matt 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit
doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op
die rots gebou het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 22 Augustus 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Bardi Bester 22 Aug.
Ludwig Horn 22 Aug.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *