1Kor 11:31

Maandag 7 Augustus 2017 Tema: Toets my 1
**** My eie woorde:
**** Daar is seker niks so moeilik as om eerlik met jouself te wees
nie. Paulus sê aan die Korintiërs as ons onsself beoordeel sou ons
nie geoordeel word nie. Dit is om eerlik met jouself te wees
wanneer ek en jy voor Christus staan, en te erken ons het stadig
maar seker koud geword langs die pad. Is jy nog vurig vir die HERE?
Het jou liefde en passie vir die Evangelie verflou. Vandag is die
dag waarop ons weer ons verhouding met Hom kan vasmaak.
Veronderstel hierdie is die heel laaste dagstukkie wat jy kry ….. dalk
is dit juis Heilige Gees wat vandag met JOU praat. Dis tyd om op
ons knieë te gaan en ons saak met God reg te maak.
1Kor 11:31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie
geoordeel word nie.
Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die
wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan
word. V18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat
nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die
Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Jes 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al
was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al
was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
V19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land
eet.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 7 Augustus 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag. (**,)
Magda Joubert 7 Aug
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 123 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *