Geel perske atjar

Bestanddele
1 en ‘n halwe kg Geelperskes
750 ml Asyn
250 ml Suiker
10 ml Gemengde Speserye
4 Groot Uie
12,5 ml Kerrie
12,5 ml Borrie
12,5 ml Sout
10 ml Mielieblom

Metode
Skil perskes, ontpit en sny in skywe.
Skil uie en kap grof.
Plaas geelperskes in ‘n pot.
Meng al die droê bestanddele en maak aan met asyn.
Gooi asyn mengsel in die pot en kook vir 1 en ‘n halwe uur lank.
Roer gereeld.
Laat afkoel.
Bottel en bêre..

Wenk
Laat die atjar vir sowat twee weke staan voor gebruik.
Die perskes kan vervang word met droë vrugte soos bv sultanas.
Of droë vrugte kan ook gemeng word.
Heerlik as slaai, bykos of marinade.

Bron: forum.afrikaanseforum.co.za

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,588 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *