HOENDERLEWERTJIES IN ROOMSOUS.

Ingestuur deur Joey Hannekom

Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte knoffelhuisie in 2 E canola-olie.
Voeg paar gesnyde sampioene by en roer deur.
Voeg dan 2 bakkies [250gr elk] hoenderlewertjies, skoongermaak, by.
Braai tot net gaar, nog effe pienk binne-in.
Roer 1 E soetrissiesous en sout en peper na smaak by.
Roer dan 125 ml room by en kook net deur.  Laat staan paar minute dat sous effe kan verdik.
Bedien met vars geroosterde brood in drie hoeke gesny.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,722 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *