Jaffels vele vulsels om van te kies.

 

Wie van ons kan onthou as ons in die middae van die skool af gekom het, het moeksie altyd ietsie reg vir middag ete, en Vrydae was dit Jaffels, met die jare het ek met vulsels rondgespeel en ek deel dit graag met julle.

6 Tamaties

2 Uie

Sout

Aromat

Pepper

250 ml Wit kaas gerasper

Kap en sny die uie en tamatie fyn, braai dit oor lae hitte, voeg die sout, aromat, pepper by. Smeer die binne kant van twee snytjies brood, sit die uie en tamatie op, sit die kaas op, maak broodjie toe, en knyp dit in Jaffel pan, draai gereeld om.

Tamatie en Uie salsa werk heerlik, met of sonder kaas.

Fyn biltong heerlik. Smeer die broodjies Smeerkaas, sit dan fyn biltong op,

Bestanddele vir maalvleis vulsel
• sonneblomolie vir panbraai
• 1 middelslag-ui, fyngekap
• 1 eetlepel kerriepoeier
• 1 eetlepel borrie
• 1 eetlepel gemengde kruie
• 1 eetlepel paprika
• sout en peper na smaak
• 1 klein blikkie (65 g) tamatiepasta \ tamatie en uie smoor werk net so goed
• 2 wortels, gerasper
• 500 g maalvleis
• 1 blikkie (425 g) gemengde kerrie groente
• 500 ml gerasperde cheddarkaas
• botter vir smeer

 

1 Verhit die olie in ’n pan en braai die ui oor lae hitte indien verkies kan jy bietjie bruin suiker byvoeg
2 Voeg al die speserye, geurmiddels, tamatiepasta en wortels by en braai dit vir sowat 5 minute.
3 Breek nou die maalvleis in klein stukkies in die pan sodat dit eweredig kan verbruin. Braai dit vir so 15 minute.
4 Roer die groente by en verhit. Sit die vulsel eenkant sodat dit effens kan afkoel. Roer die kaas deur.
5 Smeer die snye aan een kant met botter. Sit een van die snye brood met die margarien kant na onder in die jaffelpan.
6 Skep nou 3 eetlepels van die vleisvulsel op die brood. Sit ’n tweede sny brood bo-op met die botterkant boontoe, en knyp dit in die jaffelpan vas.
7 Rooster dit vir sowat 5 minute direk op matige kole (indien jy dit op kole wil maak of stoof plaat) of tot die broodjie bruin en die kaas gesmelt is. Draai dit baie gereeld om.

Ontbyt Jaffels

Diced bacon

1 Uie fyn gekap

6 Eiers

Melk

Sout

Aromat

Ham

Kaas

Braai die bacon en ui in bietjie olyfolie. Laat afkoel.  Roerbraai die eiers, voeg sout, aromat en melk by (scramble eggs). Laat afkoel. Smeer die broodjies, sit op elke snytjie ‘n sny ham, dan die bacon en uie, sit skyfie of gerasperde kaas op, nou kom die scramble eiers op, indien verkies nog ‘n sny ham en nog ‘n sny kaas.

Vele vulsels kan gebruik word, ek maak dit ook gereeld met scramble eggs en mayonnaise gemeng met bietjie pietersielie.

ONTHOU OM DIE BUITE KANTE VAN DIE SNYTJIES OOK TE SMEER MET SAGTE BOTTER, ANDERS BRAND DIT VAS! Ek het al gesien dat Bruin Brood glad nie werk as mens jaffels maak nie, dit breek uit mekaar, daardie toets het ek met lof gedruip. Sal dit glad nie aanbeveel om bruin brood te gebruik nie.

Hash browns wat in toaster gaar gemaak is, is ook heerlik saam met kaas natuurlik ☺

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,612 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *