Joh 3:19

Dinsdag 8 Augustus 2017 Tema: Toets my 2
**** My eie woorde:
**** Gister het ons gepraat daaroor dat ek en jy onsself moet
beoordeel. Kyk hoe kosbaar is Jesus se woorde vandag. Hy sê dat
Hy nie gekom het om ons te oordeel nie, maar juis om ons te red,
maar dan die ernstige waarskuwing. Indien ons Hom verwerp en
tweedens, na Sy Woorde nie luister nie, wag daar wel ‘n oordeel in
die laaste dag en daardie oordeel is juis dit wat Hy gesê het. Lees
mooi Hy sê “die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in
die laaste dag” Dan Sy verduideliking waarom Sy woorde sal
oordeel, omdat Hy dit van ons Hemelse Vader ontvang het. My en
jou toets vanoggend …stel ek genoeg belang om te weet wat Sy, en
ons Vader deur Hom vir ons gesê het . Groot stof tot nadenke.
Joh 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het,
en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle
werke was boos. V20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en
kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
Joh 12:47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek
oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel
nie, maar om die wêreld te red. V48 Wie My verwerp en my woorde
nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek
gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. V49 Want Ek
het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het,
Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.
Ps 86:5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van
goedertierenheid vir almal wat U aanroep. V6 HERE, luister na my
gebed en let op die stem van my smekinge.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Gisteraand was Maansverduistering, die 21ste sonsverduistering
Noord Korea en Verenigde Nasies in sanksies en oorlogspraatjies
Ernstige tye verseker.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 en 9 Augustus 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Pauline Ganes 8 Aug.
Hannelie Diergaardt 8 Aug.
Lillian van Wyk 9 Aug
Johann Crous 9 Aug.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 129 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *