Kerrie maalvleis

Bestanddele:

500 gram Maalvleis
1 Ui (gekap)
½ koppie Water
1 teelepel Sout
½ teelepel Peper
1 eetlepel Kerriepoeier
1 eetlepel Asyn
1 eetlepel Appelkooskonfyt
1 eetlepel Blatjang
1 teelepel Suiker
1 blikkie Bone in tamatiesous
1 blikkie Gemengde Groente/250 gram gevriesde gemengde groente

Stap-vir-stap proses:
Kook die ui in water tot sag.  Voeg die vleis by en kook vir nog 5 minute.  Voeg die geurmiddels en groente by en prut vir 30 minute.

250 gram noedels en 2 koppies water kan ook bygevoeg word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 475 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *