Koue(regte basaar) poeding

Ingestuur deur Debbie Donaldson

Hier is ‘n heerlike koue(regte basaar) poeding :

1 blik kondensmelk
2 houers vars room (250 ml elk)
2 boksies grenadilla jellie of pynappel
2 houers grenadilla pulp en 1 vir bo-oor

Maak 2 jellies aan met 450ml warm water, los op en laat afkoel. Plaas in yskas tot effens styf, nie geset nie.

Klits 2 houers grenadilla by.

Klits kondensmelk in aparte bak

Klits room tot styf

Meng alles, plaas in yskas vir 3 tot 4 ure.

Garneer met laaste houer pulp.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,431 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “Koue(regte basaar) poeding”

  1. As julle praat van houers room, dui asb in ml aan. dit kan die stollingsproses affekteer. As julle van die pulp praat dui asb blikkies aan, pulp word nie in houers verkoop nie.

     
    1. Die houertjie room is 250ml elk. Rhodes, die vrugte inmaak besigheid verkoop houertjies pulp. Ek het die resep aangepas vir die room. Baie dankie vir die uitwys van die fout.

       

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *