Ingestuur deur Debbie Donaldson
Hier is ‘n heerlike koue(regte basaar) poeding :
1 blik kondensmelk
2 houers vars room (250 ml elk)
2 boksies grenadilla jellie of pynappel
2 houers grenadilla pulp en 1 vir bo-oor
Maak 2 jellies aan met 450ml warm water, los op en laat afkoel. Plaas in yskas tot effens styf, nie geset nie.
Klits 2 houers grenadilla by.
Klits kondensmelk in aparte bak
Klits room tot styf
Meng alles, plaas in yskas vir 3 tot 4 ure.
Garneer met laaste houer pulp.
(Visited 2,396 times, 1 visits today)
Advertisements
As julle praat van houers room, dui asb in ml aan. dit kan die stollingsproses affekteer. As julle van die pulp praat dui asb blikkies aan, pulp word nie in houers verkoop nie.
Die houertjie room is 250ml elk. Rhodes, die vrugte inmaak besigheid verkoop houertjies pulp. Ek het die resep aangepas vir die room. Baie dankie vir die uitwys van die fout.