Kwarteleiers met swart sesamsout

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Genoeg vir 6-8

Makliker kan dit nie en die eiertjies is tog so mooi.

12 kwarteleiertjies
125 ml seesoutvlokkies, soos Maldon-sout
60 ml swart sesamsaad
60 ml wit sesamsaad, liggies gerooster

1 Vul ’n middelslagkastrol met water en laat dit oor hoë hitte borrel.
2 Skep die kwarteleiers met ’n gaatjieslepel in die borrelende water.
3 Kook dit vir presies 1 min. Dreineer dadelik en laat koue water daaroor loop om die kookproses te stop.
4 Meng die sout en sesamsaad.
5 Sit die eiertjies in die dop op die sout voor en hou ’n bakkie vir die doppe byderhand.

Resep bron en foto: rooirose.co.za

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 180 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *