Marokkaanse melktert

 Dié tert was geïnspireer deur ʼn soortgelyke tradisionele Marokkaanse tert, maar ek het dit gekombineer met elemente van ons eie traditsionele melkterte. Gee hom gerus ʼn probeerslag. Dié een is nie net mooi om na te kyk nie, maar sy tekstuur balaans is heerlik.”

(Bedien 12)

Marokkaanse melktert
Foto en resep: www.pasella.com

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bestandele:

6 e botter, gesmelt

500 g filodeeg

¼ t fyn kaneel, plus nog ʼn bietjie vir versiering

1½ k melk

3 groot eiers

½ k kondensmelk

½ t vanieljegeursel

versiersuiker vir versiering

Metode:

Smeer ʼn 23cm koekpan met botter. Plaas twee velle filodeeg in die pan en vou die kante om op hulself sodat die kante van die pan gedek is. Vou die oorblywende filodeeg velle in repies en rangskik in regop spirale in die middel van die pan. Smeer die deeg ligweg met gesmelte botter en sprinkel met kaneel. Bak teen 180˚C vir 15 – 20 minute tot goudbruin.

Intussen, verhit die melk tot net onder kookpunt en haal van hitte af. Klits die eiers, kondensmelk en vanieljegeursel saam. Voeg dan die warm melk geleidelik by, terwyl jy die hele tyd klits. Plaas die mengsel oor lae hitte en roer heeltyd tot die vla effens verdik. Gooi oor die filodeeg en bak vir 15 minute teen 180˚C tot goudbruin en gestol. Versier met versiersuiker en/of kaneel. Jy kan dit so louwarm bedien, of teen kamertemperatuur.

 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,664 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *