MINI DOUGHNUTS

500g koekmeel

5ml sout

60ml suiker

10g kitsgis

60g botter

200ml louwarm melk

125ml louwarm water

1 eier, geklits

 

Meng die meel, sout, suiker en gis goed saam in n mengbak. 

Vryf die botter in die meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk.

Voeg die louwarm melk, water en geklitste eier by en meng tot n sagte deeg gevorm is.

Knie die deeg goed tot glad en elasties.  Bedek en laat rys in n warm plek tot dubbel die volume.

Knie die deeg weer af en deel in 30 ewe groot deeltjies.  Rol balle en maak n gat in die middel om ringe te vorm.  Laat eenkant staan tot dit weer dubbel die volume gerys het.

Verhit die olie en braai tot goudbruin en gaar.  Dreineer die oortollige olie op papierhandoeke en laat afkoel.

Rol die afgekoelde doughnuts in strooisuiker.

 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,031 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *