Suurlemoen mousse

125g laevet-roomkaas
125 g vetvrye ongegeurde jogurt
3 e suurlemoensmeer
50 g versiersuiker
1 t mielieblom
4 middelslag-eierwitte
fyngerasperde skil van 1 suurlemoen, vir versiering

Meng die roomkaas, jogurt en suurlemoensmeer in ’n bak.
Sif die versiersuiker en mielieblom saam in ’n aparte bak.
Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser in ’n groot bak totdat stywe punte vorm.
Voeg die gesifte droë bestanddele ’n bietjie op ’n slag by en klits goed ná elke byvoeging tot dik en glansend.
Vou die jogurtmengsel by die eierwitte in, maar behou soveel moontlik volume.
Verdeel dit tussen ses 125 ml-ramekins, -koppies of -glase en versier met die suurlemoenskil.
Sit voor
Resep en foto met vergunning van goeiehuishouding.co.za

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *