Vinnige broodjie

500 ml Bruismeel

500 g Karringmelk

250ml Gerasperde Kaas

Sout

Aromat

Enige kruie en speserye net waarvoor jy lus het, vir ‘n byt in die brood of nie, tot Paprika.

Stel oond op 180 Grade

Meng alles saam, spuit ‘n brood pannetjie met Spray and Cook. Plaas mengsel in brood pannetjie. Bak tot broodjie mooi rys, haal uit smeer botter oor, en sit terug in die oond. Toets met mes om seker te maak dat hierdie broodjie gaar is. Sodra die broodjie uit die oond kom, maak dadelik toe met ‘n sakkie of twee, brood sal “sweet” maar dan is die broodjie nie hard nie maar lekker sag. ☺

Het die broodjie al gebak met 1 blikkie suikermielies.

Kan ook een uie fyn gekap en diced bacon braai en in hierdie degie in meng.

Heerlik warm met botter.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,303 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *