VINNIGE INGELEGTE KERRIE PERSKES

Petré Van Jaarsveld

 

 

 

 

 

Bestanddele
3 kg geblikte perskes, gesnipper of in skywe gesny en gedreineer …..
1 kg uie in halwe ringe gesny …
500 g suiker …
750 ml witasyn …
1 teelepel mosterdpoeier …
2 teelepels sout …
1 eetlepel borrie …
1 eetlepel kerrie …
1 eetlepel fyn gemmer …
4 eetlepels maizena, opgelos in n bietjie water …

Metode
Kook uie tot sag in 3 koppies water ….
Water moet alles omtrent weggekook wees …
Voeg speserye by .. Kook deur …
Voeg asyn en suiker by … Kook vir 10 minute …
Voeg gesnipperde perskes by en kook 5 minute … Voeg maizena by en kook goed deur …
Bottel warm
BRON: Petré Van Jaarsveld

Bron en foto    http:///bottelenbere.weebly.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,570 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *