Vis koekies met bruismeel

Voorbereiding van vis:

rou vis

2 lourierblare

skil van 1 suurlemoen

sout en peper

Om die vis koekies maak, kook eers die vis sag in witwyn waarby lourierblare, suurlemoenskil, sout en peper gevoeg is.

Bestanddele:

500 g gaar gevlokte ferm vis

2 k fyn aartappel

1 k bruismeel

1 ui gerasper

3 eiers

⅓ k pietersielie

sout & peper

2 E suurlemoensap

vars gerasperde neutmuskaat

Metode:

Maak nou die vis koekies deur die gevlokte vis te meng met fyn aartappel, bruismeel, gerasperde ui en 3 geklitste eiers.

Roer hierby fyn gekapte pietersielie, sout en peper en ‘n bietjie suurlemoensap en vars gerasperde neutmuskaat.

Vorm viskoekies, rol dit in meel en bak in vlak olie tot goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 807 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *