Vrydag 18 Augustus2017 Tema: Hy roep jou 5

Lente Nagel

**** My eie woorde
**** Hoe het die HERE Saulus geroep? Saulus het gestaan en kyk
toe Stefanus gestenig is, en hy was so seker hy doen die werk van
die HERE. Toe op ‘n dag, op die Damaskus pad, ontmoet Hy
Christus. Wat ‘n dag moes dit nie gewees het nie. Drie dae blind,
maar daarna kon hy nie net fisies sien nie, maar ook geestelik het
Sy oë oopgegaan. Hoe vreeslik wanneer jy nog altyd gedink het jy
is reg, en jy weet, en jy werk vir die HERE. Dan op ‘n dag net soos
met Paulus, soos ’n pot yskoue water wat oor jou omgekeer word,
tref dit jou, hierdie Jesus het iets soveel groter vir jou en my
ingedagte. Daardie roeping waarmee Hy jou en my geroep het, is
groter as wat mense dink of sê. Sê my, wil jy ander gelukkig hou ten
koste van Christus? Dan die ander kant van die munt, verlang
mense om soos jy te wees of sien hulle nie Jesus in jou nie. Wat ‘n
vraag om te oorpeins. Wat ’n pad om te loop wanneer Hy jou roep.
Efes. 4V1 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te
wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, 2 met alle
nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar
in liefde verdra 3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te
bewaar deur die band van die vrede.
Rom_8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede
meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is.
1Thess_4:7 Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot
heiligmaking.
Gal_1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer
ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n
dienskneg van Christus wees nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 18,19 en 20 Augustus 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag (**,)
Alta Booysen 19 Aug.
Ann Kriel 19 Aug
André Barnard 19 Aug.
Lisa Curtis 20 Aug.
Leon Vraagom 20 Aug.
Marco Fürstenburg 20 Aug.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 76 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *