WARM BEET IN LEMOENSOUS

Met vergunning Anna Eksteen

Bestanddele
800g beet, stingels afgesny & skoongewas
1 kaneelstok
30ml vars suurlemoensap
5ml gerasperde suurlemoenskil
45ml sagte bruinsuiker
sout na smaak
10ml mielieblom aangemaak met ‘n bietjie water

Metode
Kook die beet sag in ‘n bietjie water. Dreineer goed en trek die skille af. Hou eenkant. Meng
die res van die bestanddele buiten die mielieblom en bring tot kookpunt. Prut 5 minute lank.
Voeg die mielieblom by en prut tot verdik. Giet oor die beet en verhit weer. Dien warm op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 580 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *