1 Pet 5V8-9

Vrydag 15 September 2017 Tema: Die aartsvyand 5
**** My eie woorde:
**** Ons eindig dan met hierdie tema, ja die duiwel het magte maar die
Here bied vir ons hoop. Kom ons kyk mooi na wat die woord sê
Eerstens wees nugter en waaksaam …. waarom ? Omdat die duiwel
ons lewens soek soos ‘n brullende leeu wat prooi soek. Dan die opdrag
om hom teë te staan ..standvastig in die geloof …die geloof in Jesus
Christus natuurlik. Die tweede deel sê waar ons moet begin. Deur ons
aan God te onderwerp. Ek en jy kan nie die duiwel teëstaan sonder die
krag van ons Verlosser nie. Hoe wonderlik om te weet ons is aan die
Wenner se kant. Ons grootste taak is juis om ons aan God se wil te
onderwerp.

1 Pet 5V8-9 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die
duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle
weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die
wêreld is.
Jak. 4V7 &10 V7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel,
en hy sal van julle wegvlug.8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader.
Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle
dubbelhartiges! 9 Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in
treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.
10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15, 16 &17 September 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
\verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Ferdie v Loggerenberg 15 Sept
Patty Anthony 15 Sept
Thelma Johnson 15 Sept.
Veronique Booys 15 Sept
Marina Griessel 16 Sept
Alet Collet 16 Sept
Wilma Havinga 16 Sept.
Colleen Bergman 16 Sept.
Elizabe Els 17 Sept.
Antionette Ludick 17 Sept
Frans Botha 17 Sept.
Alma Alcock 17 Sept.
Cliff Silver 17 Sept
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 95 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *