Jesaja 46V3

Maandag 18 September 2017 Tema: Hy Gee om 1
****My eie woorde
****In vandag se lewe kan mens so maklik ervaar dat niemand verstaan
of omgee nie. Dan kom die belofte vandag vir jou, dat dit juis Hy is wat
jou gedra het vanaf jou geboorte . Ag maar jou lewe was dan nog altyd
so deurmekaar en dit voel vir jou niemand gee om nie. Sy belofte is
daar vir jou, Hy hou jou vas al dink jy nie so NI, en al voel dit nie so nie.
Dink aan die kere waar jy ervaar het jy moet vergeld wat aan jou
gedoen is. Kan ek en jy by die plek kom waar ons dit aan Hom oorlaat
wat regverdig is in Sy oordeel Hy wat ons harte lees. Mag jy in hierdie
dag en week, opnuut Hom in jou lewe raaksien en ervaar
Jesaja 46 V3 Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit
die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af,
wat Ek vasgehou het vandat julle daar is.V4 Ook tot in julle ouderdom is
Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en
Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.
1 Petrus 2 V23 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy
gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat
regverdig oordeel. V24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die
kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in
gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.
V25 Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle
teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 18 September 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Pauline Dietrich 18 Sept.
Sandra Overmeyer 18 Sept.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 72 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *