Aartappel gebak met roosmaryn

Resep: Anna Eksteen

Bestanddele
8-10 middelmatige aartappels, geskil en in dun skywe gesny
15ml fyn gekapte vars of 5ml droƫ roosmaryn
6-8 knoffelhuisies, fyn gedruk
sout en peper na smaak
375ml hoenderaftreksel
60ml olyfolie

Metode
Giet die olyfolie oor die aartappelskywe. Rangskik een derde van die aartappels in ‘n groot, gesmeerde oondskottel en strooi die helfte van die kruie en knoffel oor.
Geur en herhaal die lae.
Eindig met aartappelskywe en geur.
Giet die aftreksel oor en bak 1 uur by 200 C tot al die vloeistof geabsorbeer is.

Variasies:
Gebruik tiemie pleks van roosmaryn.
Sny 1 bakkie murgpampoentjies in dun skyfies en plaas tussen die aartappellae.
Gebruik vars room en suur room om die helfte pleks van die hoenderaftreksel.
Gebruik selderywortel na seisoen tussen die aartappellae. Bedien 8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 255 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *