Joh 14V30

Dinsdag 12 September 2017 Tema: Die aartsvyand 2
**** My eie woorde:
**** In vandag se gedeelte sien ons ‘n paar goed. Die satan se domein
in hier op die aarde en dis sy gees wat deur die ongehoorsames werk.
So waar kom egbreek, steel, bedrog, moord ens. vandaan . Van hom af
wat beheer oor die ongehoorsames kry. Waarom kon Jesus die
volmaakte voorbeeld wees hier op die aarde, omdat Hy in eensaamheid
tot Sy Vader gebid het. As Hy dit nodig gehad het, wat van jou en my?
Joh 14V30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste
van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.
Efes 2V1 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die
misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die
loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug,
van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid
werk,
Matteus 14:23 En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die
berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was
Hy daar alleen.

GETUIENISSE en TERUGVOER
VF getuig:
“Ek wil graag vir jou dankie sê vir jou gebed deur ons moeilike tyd.
My man het laas week ander werk gekry en hy begin Maandag die
18de– Ons is vreeslik verlig en baie baie dankbaar vir God wat altyd by
ons was en is.”
**** 1Kor.12:26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid
geëer word, is al die lede saam bly.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 12 September 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Linda Potgieter 12 Sept
Walter Muller 12 Sept
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *