Klassieke vrugtekoek (1)

Vrugtekoek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

50g glanskersies

45ml brandewyn

850g droëvrugte koekmengsel

50g amandels

225g koekmeelblom

2ml sout

2ml gemengde speserye

1ml vars gerasperde neutmuskaat

225g ongesoute botter

225g melassesuiker

4 ekstra groot eiers

15ml melasse gerasperde skil van

1 suurlemoen gerasperde skil van 1 lemoen

 

Plaas die glanskersies in ‘n vergiettes en spoel die stroop af.

Laat die kersies afdroog en sny dit fyn op.

Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng goed.

Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel.

Bedek die houer en laat die vrugte oornag lê.

 

Kap die amandels met bruin velletjies en al fyn en sit dit opsy.

Smeer ‘n diep koekpan met ‘n deursnee van 20cm.

Voer die boom en want met ‘n dubbele laag gesmeerde waspapier uit.

Bind ‘n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas.

 

Sif die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam.

Verroom die botter en suiker tot lig en donsig.

Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op ‘n keer by die bottermengsel in.

Vou af en toe ‘n bietjie van die meelmengsel by die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif.

Vou die res van die meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in.

Vou daarna die vrugtemengsel, amandels en die res van die bestanddele in.

 

Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk.

Bedek die koek met ‘n dubbele laag waspapier met ‘n gaatjie in die middel.

Plaas die koek op ‘n dubble laag bruinpapier op die onderste oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in ‘n vooraf verhitte oond by 140C.

As ‘n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is die koek gaar.

Laat die koek ‘n halfuur in die pan afkoel.

 

Keer dit op ‘ draadrak uit en sprinkel ‘n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is.

Draai die koek in ‘n dubble laag waspapier toe.

Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot ‘n jaar in die vrieskas gebêre word.

Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en daarna elke maand.

Sprinkel brandewyn oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 133 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *