Kol. 3V5-10

Donderdag 21 September 2017 Tema: Hy gee regtig om 4
**** My eie woorde:
**** Gister het ons gesien hoe ek en jy ’n splinternuwe mens in Christus
kan word wanneer ons Hom aanneem. Het jy al gesien wanneer jy ‘n
nuwe speelding of kleertjies vir ’n klein kindjie gee. Hulle druk dit so
teen hulle borsies vas en sê “ MYNE!!!” Net soos ons kindertjies leer
om te weet wat is reg en wat is verkeerd, so leer die Here ons deur Sy
Woord om al die aardse goed neer te lê wat nie by Hom pas nie. .Dan
sien ek in my geestesoog hoe Hy jou vandag teen Sy bors vasdruk en
sê: “ JY is MYNE”
Kol. 3V5-10
V5 Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van
julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes, en
gierigheid, wat afgodery is. 6 Deur sulke dinge kom die straf van God
oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. 7 Vroeër het julle ook
aan dié dinge meegedoen toe julle nog daarin gelewe het. 8 Maar nou
moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en gevloek. Vuil
taal moet daar nie uit julle mond kom nie, 9 en moenie vir mekaar lieg
nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek 10
en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word
na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.
Jes 43V4-7
1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou
Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos;
Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2 As jy deur die water gaan,
is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy
deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand
nie……4 Omdat jy kostelik is in My oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet,
daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.5 Wees nie
bevrees nie, want Ek is met jou; ….

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 21 September 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Frieda Nieuwenhuizen 21 Sept
Carin Strydom 21 Sept
Jan Janse van Rensburg 21 Sept
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 56 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *