Gevriesde gemengde groente van jou keuse, kook tot sag maar nie pap nie, dreineer. Voeg nou sout volgens smaak by. Aromat volgens smaak.
Vir die witsous:
Smelt botter (ek meet en weeg nie my botter of enige bestandele vir witsous af nie)
Melk of Room \ of helfte melk en helfte room, gooi die melk \ room by gesmelte botter
Sout, volgens smaak (ek gebruik nie baie sout nie, omdat – GOLDEN RULE, mens kan sout bysit, maar sout wat te veel is, kan jy nie uithaal nie)
Aromat
Pepper
Koekmeelblom – net genoeg vir ‘n nie te dik of nie te loperig sous nie
Handvol kaas
Sodra die witsous gereed is;
Smeer oondvaste bak of maak gebruik van Spray & Cook
Pak die gemengde groente netjies in bak, gooi die witsous oor, strooi kaas bo-oor en indien verkies bietjie Paprika vir kleur, en sit in voorafverhitte oond 180 Grade, sodra kaas gesmelt is, haal uit oond, dien dadelik op.