Matt 12V24-26

Donderdag 14 September 2017 Tema: Die aartsvyand 4
**** My eie woorde:
**** Die Satan word ook as die “owerste” van die duiwels beskou. Hy is
hulle aanvoerder. Sy grootste missie is om Christus en Sy volgelinge te
beveg. Dis daardie stryd wat elke dag aangaan tussen goed en kwaad.
As hy nie eers vir Jesus as mens ‘n kans gegee het nie hoeveel te
meer vir ons wat Sy volgelinge en kinders is. Verder moet ons nie dink
hy ken nie die Bybel nie, hy gebruik dan juis God se Woord om Jesus
tot ‘n val te probeer bring. Tog kon Jesus hom antwoord en sê…daar
staan OOK geskrywe. Daarom is dit uiters noodsaaklik dat ons NOOIT
een teks gryp en ‘n evangelie daarom bou nie. Lees altyd die tekste
voor en na enige gegewe gedeelte in die konteks waarin dit geskryf is
anders kan ek en jy mislei word. Kyk gerus ook na Jesus se antwoord
en pas dit gerus op ons huidige samelewing toe. Ons sien dit voor ons
afspeel … “elke koninkryk wat teen homself verdeeld is word verwoes”

Matt 12V24-26 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die
duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels,
nie.25 Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke
koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of
huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.26 En as die
Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy
koninkryk dan bly staan?
Matt 4V6 en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want
daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal
U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.
Jesaja 43:1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou
Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos;
Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 September 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Hanlie Basson 14 Sept
Pieter J. v Vuuren 14 Sept
Nina Bronkhorst 14 Sept

Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *