Pap: Poetoe pap, Stywe pap, Fees pap

POETOE PAP
2 koppies water
knippie sout
3-4 koppies mieliemeel
Bring water en sout tot kookpunt en voeg mieliemeel by.
Verlaag hitte tot normaal.
Sit deksel op.
Roer na 3-4 minute met die agterkant van ‘n houtlepel sodat krummels in die pap vorm.
Sit weer deksel op.
Roer weer 1 of 2 keer goed deur.
Sit klontjies botter bo-op pap en roer vir ‘n laaste keer deur.
Laat vir sowat 10 minute kook totdat pap goed gaar is.
Bedien saam met braaivleis, met “sheba” oftewel tamatie en uiesmoor.

STYWE PAP
4 koppies water
5ml sout
500ml BRAAIPAP
Gebruik ‘n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt.
Voeg  BRAAIPAP by.
Roer deeglik met ‘n hout lepel en plaas deksel op.
Verminder hitte en prut vir 40 minute.
Roer ‘n paar keer.
Voeg 125ml koue water by pap.
Prut pap oor lae hitte vir ‘n verdere 30 minute.

FEESPAP
750ml mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltongsmeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek gerasperde kaas
2 uie

Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel.
Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie.
Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene.
Skep in lae in bakskottel: Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is.
Bedien saam met braaivleis.

Bron: Suidwesters maak kos

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 378 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *