Ingestuur deur Jan van Niekerk
Wegsleep
Voel weer soos ’n kind met dié nagereg van Bar One en malvalekkers. Dit is maklik om aan mekaar te slaan en veral die kinders (van alle ouderdomme) is gaande hieroor.
Bestanddele:
2 Bar One-sjokoladestafies
1 Koppie malvalekkers
2 Groot tortillas
Metode:
1. Sny die sjokoladestafies in kleiner stukke en sny die malvalekkers in die helfte deur.
2. Pak die sjokolade en malvalekkers op ’n tortilla en maak dié lekkerte toe met nog ’n tortilla.
3. Knyp die tortillas toe in die rooster en braai totdat die sjokolade en malvalekkers net-net gesmelt is en die tortillas ligbruin aan die buitekant is.
4. Sny in “pizzaskywe” en eet dadelik.
(Visited 301 times, 1 visits today)
Advertisements