Tuna rol

Vulsel:
1 blikkie Tuna (200g), gedreineer
1 ui, fyn gekap
2/3 k gerasperde kaas
6 E grof gekapte yskoue botter
6 E mayonnaise
1 E Blatjang
Meng alles, hou eenkant.

Rol:
4 eiers
3 E suiker
½ t sout
6 E koekmeel
¼ t peper
Gebruik ‘n rolkoekpan 38cm x 25cm x 1.5cm. Voer uit met bakpapier. Skei eiers en klits witte tot skuim.. Voeg suiker en sout by en klits tot styf. Sif meel en peper en vou in. Klits eiergele en vou by eierwitte. Smeer in rolkoekpan en bak vir 8 min. Keer uit op klam doek. Verwyder papier. Smeer vulsel oor warm basis en rol op. Laat afkoel

Bedekking:
½ k fyn maaskaas
6 E cheddar smeerkaas
Fyngekapte pietersielie
Grof gekapte pekaneute
Meng kase en smeer oor rol.

Strooi pietersielie en pekaneute oor. Verkoel en sny in skywe.

12 porsies

Resep en foto met vergunning van Martie Fourie Moolman

Resep verkry van Lekker Resepte vir die Jonger Geslag op Facebook  https://www.facebook.com/groups/kleinhelectr

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 732 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *