Vrugte tert

Kors:
1 koppie + 2 e koekmeel
4 e suiker
6 e botter
2 eiergele
‘n bietjie water

 Vulsel:
2 eiers
2 eiergele
2 e mielieblom (Maizena)
1/2 k warm melk
1/4 k rum
1/2-1 k room

Bessie-versiering: 
110 g aarbeie of brame
110 g frambose of ontpitte klein kersies
4 stukke gemmer: gekristalliseer of ingemaak — in skyfles gesny
By gebrek aan vars vrugte kan ingemaakte vrugte gebruik word.

Voorverhit die oond tot 2000C.

Meng die 1k meel en suiker in ‘n bak.
Vryf die botter in totdat dit soos broodkrummels voel.
Voeg die twee eiergele in net genoeg water om die mengsel te bind (omtrent 1-2 teelepels vol).
Draai die deeg in plastiek toe.
Gooi meel (2 eetlepels) uit op die werk oppervlakte.
Rol die deeg uit vir een of twee valsbodem pannetjies (of groter panne indien verkies).
Rond die kante af en verkoel vir 30 minute.
Voer die kors met foelie of perkamentpapier uit en vul dit met droë boontjies.
Bak dit vir 10-15-minute blind totdat die deeg effens bruin aan die kante is.
Haal dit uit die oond en verwyder die perkamentpapier en bak boontjies.

Klits die 2 eiers en 2 eiergele en suiker in ‘n bak.
Klits die Maizena in ‘n ander bak saam met die melk en rum totdat dit romerig is.
Klits dan die room in en klits alles daarna saam met die eiermengsel.
Bring die mengsel versigtig op die stoof tot kookpunt.
Draai die hitte af en kook en roer totdat die mengsel dik is.
Laat dit afkoel.

Skep dit met ‘n lepel in die tertkorse.
Versier dit met die vrugte en gemmer skyfies.
Groot kersies, met stingels (opsioneel) om in die middel van die vrugte versiering te gebruik

Resep: Skottel en Spens Resepte boek

 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 225 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *