Matt 9:9

Maandag 2 Oktober 2017 Tema: Volg Hom 1
**** My eie woorde:
**** In vanoggend se gedeelte sien ons ’n groot boodskap al is dit so
kort. Eerstens sien Jesus die man raak waar hy sit, Hy stap na hom en
sê: “Volg My” Hy gee hom ’n opdrag en daardie oomblik moet Matthéüs
kies en ’n besluit neem. Dit sê dat hy opgestaan het en Hom gevolg het
So wat gebeur hier. Hy hoor, hy luister en hy doen dit. Die HERE praat
vanmôre in jou hart en sien jou raak daar waar jy is. Hy gee aan my en
jou ’n opdrag en sê: “Volg my” Jy hoor verseker hoe Hy vanoggend in
jou gedagtes praat …maar nou moet jy luister en die bewys dat jy luister
is juis om te doen. Jy hoef nie ander klere te gaan aantrek nie, jy hoef
nie eers jou alkohol en jou sigarette en jou verkeerde gewoontes te los
nie. Jy hoef nie jou kwaai humeur of jou ongeduld te los nie … al wat jy
moet doen vandag is om te sê soos Moses toe die HERE sy naam roep.
Maak jy vandag tyd en gee jou eie persoonlike antwoord. Dalk ontvang
jy die dagstukkies elke dag of moontlik het jy net vanoggend daarop
afgekom. Dit is omdat Christus jou vandag raaksien waar jy nou hier
lees … hoor Sy stem as Hy met jou praat vandag. Hy wag …wat is jou
antwoord.
Matt.9:9 En toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ‘n man met
die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En
hy het opgestaan en Hom gevolg.
Exo 3:4 Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na
hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 2 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Lealani Barth 2 Oktober
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com

Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 63 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *