Pred 3:1

Maandag 9 Oktober 2017 Tema: Tyd vir alles…1
**** My eie woorde:
Pred. 3 :1 (NV)Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het
sy tyd: V15 Wat is, was reeds. Wat kom, was ook alreeds. God laat
weer gebeur wat vroeër gebeur het.
(OAV) Pred.3V1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die
hemel is daar ‘n tyd:…V15 Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees,
was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.
Efes. 5:16 …en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.
**** So dikwels hoor ek mense vra: ” Waar kry ‘n mens die tyd.?”
Of “Ek het net nie tyd nie”. Tog kan daardie einste persoon
jou in detail vertel wat in elke program en sepie op TV aangaan.
Wat beteken dit wanneer die woord sê “koop die tyd uit” Kom ons sit vir
’n oomblik en dink. Dit was soos gister toe was jy nog op skool en dan
die dag toe jy begin werk het en so kan ons aangaan …. jy kyk
vanoggend terug en dink dit was waarlik soos gister en kyk waar staan
ek nou . Die wonderlikste deel is dat Christus juis op die presiese
bestemde tyd gekom het sodat nie een van ons verlore sal gaan nie.
As Hy,die Skepper van die heelal vir my en jou tyd gemaak het, behoort
ek en jy mos tyd te maak vir Hom.
Romeine 5 V6 Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds
op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe.
Geseënde week aan almal
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Bianca van Niekerk – 9 Okt.
Zelna Voges 9 Okt
Maryna Byrant 9 Okt.
Desere Lucas 9 Okt.
Hein v Wyk 9 Okt
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 111 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *