2 Kor 5 v 17

Dinsdag 17 Oktober 2017 Tema: Genesing 2
**** My eie woorde:
*** Baie keer maak die duiwel ons wys dat ons elkeen twee kante het
soos die verhaal van Dr. Jekyll & Mr. Hyde, of die storie van die wit en
die swart hond wat gevoed word en die een wat jy voed word die
grootste. Tog is dit nie regtig so nie. Die HERE se oorspronklike plan
was ’n volmaakte mens sonder sonde in die paradys, en die bose het
alles kom omvêrgooi en blameer nou ons Skepper vir alles wat hy kom
doen het. Tog is dit die grootste bedrog van alle eeue want Christus het
dan juis gekom om te kom regmaak, dit wat so liederlik verkeerd geloop
het. Daarom in Christus is ek en jy nuut en sterf die oue …Christus het
juis gekom om hierdie stukkende wêreld weer te versoen en te genees.
Lees mooi wat sê die Woord vandag, dis kosbaar.
2 Kor 5 V17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is
verby, die nuwe het gekom. V18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons
deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die
versoening toevertrou. V19 Die boodskap van versoening bestaan daarin dat
God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle
oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons
toevertrou. V20 Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat
deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar
die versoening met God wat Hy bewerk het! V21 Christus was sonder sonde,
maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons
eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.
Kom ek en jy neem vandag finaal afskeid van Mr. Hyde en die swart
hond in ons lewens want in Christus is ons nuwe mense die oue is
verby. Deur ons eenheid met Jesus Christus word ons vrygespreek en
kan ons vir altyd as Sy gesante optree al struikel ons soms ons staan
weer op. Ons maak nie plek vir Mr. Hyde wat in die donker rondtas en
soek na sy eie identiteit nie .
GETUIENISSE en TERUGVOER
Terugvoering: Dankie vir die verse wat ek gereeld kry daar is gereeld
iets wat my raak waarop ek moet aandag gee soos vandag se versie.
Dankie dat ek op jou lysie is.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 17 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Ilze Liebenberg 17 Okt
Elmarie Basson 17 Okt
Ria Jordaan 17 Okt
Elize Botha 17 Okt.
Danie Luttig 17 Okt
Drienie Berg 17 Okt
Erika Mckay 17 Okt.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 90 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *