1 Kor 10:12

Donderdag 26 Oktober 2017 Tema: Wandel met God 4
**** My eie woorde:
Gen 6:9 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige,
opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel.
1Kor.10:12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val
nie.
**** As iemand vandag ‘n verslag oor my of jou lewe sou skryf, wat sou
daarin staan? Dat ek of jy met God gewandel het? Dis iets wat net ek
en jy en God kan beantwoord, iets om in hierdie tyd ernstig oor na te
dink. Jy sien daar is twee uiterstes, die eerste een is dat ek DINK ek is
okay. Ek kyk so terug op my lewe en ek dink ek is mos nie so sleg nie
…..tog sê die woord ALMAL het gesondig. Die tweede is ek DINK ek is
hopeloos en ek sal dit tog nie maak, nie so waarom nog probeer. Die
woord sê Sy reddende genade het aan alle mense verskyn. Dan kom
Dawid met die woorde wat ek vandag vir elkeen wil gee want uit my
hele wese wéét ek wanneer ek en jy hierdie woorde opreg bid gee ons
die HERE toestemming om dit wat verkeerd is reg te maak. Ja, dis ‘n
waagstuk want ons sê Here toets my, kyk in my gedagtes en maak dan
reg.
Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die
heerlikheid van God,
Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense
verskyn
Ps. 139:23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my
gedagtes; V:24 en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op
die ewige weg!
Joh.8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle
vrymaak.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Ek het weer bestellings vir gratis Bybelstudie CD’s gekry,
stuur net jou volledige posadres indien jy belangstel
dan pos ek dit vroeg volgende week.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 26 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
\verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Kobus Venter 26 Okt
T. Neis ( Namibië ) 26 Okt.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *