1Kon 3:6

Vrydag 27 Oktober 2017 Tema: Wandel met God 5
**** My eie woorde:
**** Wanneer ek en jy aan Dawid en ’n vrou dink…is ons eerste gedagte:
SONDE! Ek meen, eers begeer en slaap hy by die vrou, dan bedrieg hy haar
man in so ‘n mate dat die man sy eie doodsbrief dra, en uiteindelik laat hy hom
in die oorlog sterf. (2Sam11)Daarna trou hy met die vrou wat toe reeds sy
kind verwag.God stuur Natan die profeet met ‘n verhaal na Dawid …. maar
Dawid is reg met sy harde oordeel. Dan kyk Natan hom in die oë en
sê: “ Jy is die man!”Dawid bely en toe God hom vergewe was daardie
vergifnis volkome omdat sy berou opreg en volkome was. Daarna verwys
die Here na hom as ‘n man wat in Sy weë gewandel het EN Sy gebooie
onderhou het. Dit kan mos nie wees nie! ‘n Moordenaar en egbreker…
JA! Dit is genade en liefde onbeskryflik groot is dit nie. Wat ook àl JOU las
vandag is, dáárdie ding wat jy ervaar dat die HERE mos nie dáárdie sonde
kan vergewe nie…dan sê ek nou vir jou: Hy kan en Hy sal, as jy die voorwaarde
nakom soos Dawid ….as jy vanoggend opreg bely en laat staan dan is jy rein
asof jy nog NOOIT gesondig het nie. Dawid se seun van sonde sterf, terwyl
Dawid in die tempel op sy maag voor die HERE lê maar God seën en bederf
hom daarna met ‘n seun wat die slimste man in die wêreld was. Kom ek en jy
wandel opnuut vandag en in die dae wat kom, met ons Skepper-God , ons
Verlosser en Saligmaker. Hy wat in my en jou plek gesterf het sodat ons saam
met Hom kan lewe.
1Kon 3:6
En Salomo sê: U het aan U kneg, my vader Dawid, ‘n groot guns bewys, net
soos hy voor U aangesig gewandel het in trou en in geregtigheid en in
opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot guns bewaar, dat U
hom ‘n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag is.
1Kon 3:14
En as jy in My weë wandel, deur my insettinge en my gebooie te onderhou,
soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal Ek jou dae verleng.
1Joh.1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons
die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. V10 As
ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar
en is sy woord nie in ons nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 27 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Cilna le Roux 27 Okt.
Swannie Swanepoel 28 Okt
Annetjie Labuschagne 28 Okt
Martie Kruger 28 Okt.
Jessica Kruger 28 Oktober
Elize Dentlinger 28 Oktober
Yorika Frank 29 Okt.
Shelagh Ross 29 Oct
Stef Potgieter 29 Okt.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 67 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *