4 Vleis Pizza

Maalvleis, Ham, Salamie en Weenseworsie Pizza
Jan v an Niekerk

Bestanddele:
1 Pak winkel brooddeeg
3 Pizza borde

Vulsel:
200 ml Tamatiepuree
10 ml Droë Origanum
10 ml Droë Basieliekruid
10 ml Gemengde kruie
300 g Maalvleis
300 g Ham in blokkies gesny
300 g Weense Worsies in skyfies gesny
300 g Salamie in kleiner stukkies gesny
300 g Gerasperde Mozzarellakaas
200 g Gerasperde Parmesaankaas
5 ml Varsgemaalde swartpeper
10 ml Gemaalde knoffel
3 ml Sout
Knoffel na smaak

Metode:
Knie die deeg af en verdeel in drie ewe groot dele.
Rol die deeeg in groot sirkels uit en plaas in Pizza borde.
Meng die puree met die kruie en smeer oor die Pizzas.
Meng die sout met die maalvleis en braai vir 3 minute. Moenie gaar maak nie.
Versprei die vleise oor die pizza. Strooi die kase sout en swartpeper oor.. Bak 15 minute by 220°C Strooi die knoffel oor en bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 300 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *