HEBREËRS 12:10-15

“Want húlle het ons wel ’n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word. Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ’n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ’n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word. Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. ” (HEBREËRS 12:10-15).

God leer ons deur Sy Woord dat Hy ons Vader is, dat Hy dikwels streng met ons werk, sodat ons geestelik kan groei. God wil he ons moet ons hande uit ons moue steek. Ons moet weer op die been kom. Ons moet weer begin loop. Baie mense huil omdat hulle swaar kry. God sal jou help met teleurstelling, verdriet, verlies, siekte. Pyn en lyding. God weet as jy iemand naby jou verloor het. Hy weet hoe teleur stel jou kinders jou. Hy weet van hoe gefrustreerd jy in dorp, mall, gemeenskap, of by werk is. Hy weet van die stille miskraam, rugpyn, hoofpyn, maagseer. Hy weet Alles. Staan op uit die ou mense en begin weer verdiep in die Woord. Bid weer, doen wat jou hande vind om te doen. Werk, sing, dien en gaan aan met jou lewe. Lewe en staan op uit die dood dat jy weer n getuienis vir God kan wees en nie hartseer rondloop nie. Eensaam sit en top oor die gisters in jou lewe nie. Sien dis vandag wat tel.

Amen geseende dag Vrede vir jul

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 61 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *