HOL VETKOEK :

Joey Hannekom
Bestanddele
5 koppies broodmeel of 1/2 koekmeel en 1/2 broodmeel
1 eetlepel suiker
5 ml sout
15 g kitsgis

Metode
Meng en maak aan met 300 ml louwarm water en 1 eetlepel olyf olie. As dit bietjie droog voel gooi ‘n
groot eetlepel griekse yogurt by of as dit te klam is gooi bietjie meel by. Laat die deeg op n warm plek rys.

NB HOE OM DIE VETKOEK HOL TE KRY:
Jy breek stukke af en rol dit met n rolstok. Wanneer die vetkoek bak dan bly jy warm olie oor gooi.
Jy kan sien as hy bak hoe hy oppof en hol word binne.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,148 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “HOL VETKOEK :”

  1. Heerlik…het dit gevul met kerrie en frikkadel wat van gister oorgebly het
    Idiaal vir saterdag middagete

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *