KAASSOP VIR KOULIKES

Rika Theron

Bestanddele
60 g deurwaste spekvleis,
2 uie,
40 g meel,
500 ml melk,
500 ml vleisaftreksel,
sout,
peper,
neutmuskaat,
200 g gerasperde kaas,
15 g botter,
2 skywe roosterbrood.

Metode
Kap spek en uie fyn. Verwarm spek tot vet smelt en braai dan uie daarmee saam tot sag en deurskynend. Roer meel by. Roer melk en vleisaftreksel by. Kook ‘n paar minute oor lae hitte. Geur na smaak. Strooi gerasperde kaas oor, roer en haal van stoof af. Sny brood in blokkies, braai in botter tot bros en bruin. Skep sop in sopkoppies en plaas ‘n paar broodblokkies bo-op sop in elke koppie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 328 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *