Konfyt tertjies (Jam tertjies)

RESEP:
4 X 250ml bruismeel
15 ml sout
375 ml yskoue margarien
125 ml yswater
2 Ekstra groot eiers
Heelvrug appelkooskonfyt
Bietjie koemeel
1 eiergeel
25 ml melk
METODE:
Sif meel en sout saam
Rasper margarien grof bo-oor meel
Vryf margarien met vingers in
Klits eiers en yswater saam
Roer met ‘n vurk by meelmengsel in en knie liggies om deeg te vorm
Plaas in yskas om te rus so 30 min of selfs bietjie langer
Rol  die deeg uit en druk sirkels af met klein glas
Sny appelkoosstukke in kleiner stukke en rol elke stukkie konfyt in meel.
Dit verhoed dat konfyt uitkook
Plaas konfyt in middel van deeg sirkel
Smeer een helfte met bietjie water
Druk goed toe met klein vurkie se tande
Plaas op bakplaat en gooi toe met klam lap vir so klein rukkie
Klits eiergeel en melk effens en verf tertjies daarmee
Bak 12 tot 15 min by 200 grade C

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,147 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *