Lekkerste groenboontjies

Bestanddele
250 g groenbone gekerf,
1 gerasperde ui
12,5 ml margarien
50 ml koekmeel
5 ml bruinsuiker
2 ml sout, of na smaak
knippie peper
125 ml suurroom
75 ml melk
150 g gerasperde kaas
40 g gekrummelde chips (kaas-en-uie) of enige geur waarvan u hou

Metode
1. Kook boontjies gaar in soutwater.
2. Braai uie in margarien.
3. Roer meel, suiker, sout en peper by uie.
4. Voeg dan room, melk en kaas by. Kook tot dik.
5. Gooi by bone en meng.
6. Sprinkel chips oor en bak by 180°C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5,760 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *