Macaroni en kaas met ‘n twist of twee

Bestanddele
2 pakke Diced Bacon
2 groot uie, fyn gekap
2 blikke Rhodes Tamatie en uie GRAVY
1 pak macaroni (kan enige pasta ook gebruik)
500 ml Room
500 ml Cheddar kaas, gerasper (kan ook 500 ml wit kaas gebruik saam cheddar kaas)
Koekmeelblom (ek meet nooit my koekmeelblom af vir witsous nie, roer net genoeg in room vir dik sous)
Botter (ek vat groot lepel vol botter)
parmesan kaas (SPAR verkoop wat klaar fyn is)
Olive oil
Sout, Aromat, Kruie en Speserye van jou keuse

Metode:
Kook die pasta in water en bietjie olie tot gaar, maar nie pap nie, voeg sout, by, dreineer goed.
Braai die bacon en uie tot mooi bruin (crispy). Sit eenkant. Maak witsous, smelt botter, voeg room by, voeg koekmeelblom by genoeg vir dik sous, sout, aromat, van die kaas en van die parmesan kaas, sodra sous reg is, haal af, en sit eenkant. Voeg die bacon en uie by pasta, meng goed deur, enige kruie en speserye word ook nou ingemeng in hierdie pasta \ bacon mengsel.

Spuit Purex bak met Spray and Cook, gooi bak half pad met die pasta-mengsel, gooi witsous oor, en kaas asook parmesan kaas, herhaal nog ‘n laag pasta mengsel, witsous, en kaas asook parmesan kaas. Bak in voorverhitte oond tot kaas gesmelt is (kan langer ook inhou tot kaas bruin is bo-op).

Saam hierdie pasta-gereg maak ek gewoonnlik ‘n mengel slaai. Wat ook heerlik is saam hierdie gereg, is Italian buns. Drankie wat werk saam hierdie gereg is Sweet Rosè Wyn. Smaaklike ete.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 479 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *