Mark 10:28

Dinsdag 3 Oktober 2017 Tema: Volg Hom 2
**** My eie woorde:
**** Gister moes ons op God se roepstem reageer. Dit is baie maklik om
te sê ek sal Hom volg as dit goed gaan, maar as die toets vervolging en
beproewing kom is dit ’n ander storie. Wat is daar waaraan ek en jy
vashou voordat ons ALLES verlaat het soos die dissipels, om Hom te
volg. Moontlik dink ek en jy dat Hy dit darem nie van my verwag word
nie. Miskien nie, maar dit is juis daardie een ding wat ek nie vir Hom sal
opoffer nie wat my die ewige lewe kan kos. In jou gewete weet jy daar is
een ding wat nog tussen jou en ’n volkome oorgawe staan. Iets om
vandag oor na te dink en dan ’n besluit te neem en te doen.
Mark 10:28 Toe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat
en U gevolg. V29 En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle,
daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou
of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,
V30 of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en
broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met
vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
Jak 4:17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is
dit sonde.
GETUIENISSE en TERUGVOER
LM getuig:
Ek sit vanoggend met so ‘n groot dankbaarheid teenoor God. My kind het die
naweek ‘n perd gesleep platteland toe. Sy vriend het saam met die perd in die
horse box gesit om die dier kalm te hou. My kleinkind was ook saam. Die
voertuig waarmee hulle gery het se band het gebars.
Nie op die groot pad nie. Nee, want God se hand was op daai band. Dit het
gebars toe my kind spoed verminder het by die tolhek. Hy kon normaal tot stil
stand kom, die band om ruil waar dit veilig is en God het so hulle lewens
gespaar. My hart loop oor. Ons dien nog altyd ‘n God van wonder werke.
Dankie Here.!!! Amen!
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 3 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Jenefer Hartell 3 Okt.
Theopoldine Jeremia 3 Oktober
Paula-Mare Pedro – 3 Oktober
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 70 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *