Matt 4:19

Woensdag 4 Oktober 2017 Tema: Volg Hom 3
**** My eie woorde
**** Jesus roep vir Petrus en sy broer om Hom te volg en hulle doen dit
ook dadelik. Nogtans is dit juis hierdie einste Petrus wat uiteindelik
Jesus drie maal verloën. Doen ek en jy nie dalk nie dieselfde nie?
Hoeveel keer verloën ons Hom deur ons optrede of dit wat ons sê. Ons
lyk soos die wêreld en ons praat soos die wêreld. Ons vloek net soos
Petrus om te wys hoe groot en sterk ons is, hy het gevloek om te wys
hy ken nie vir Jesus nie . Tog toe Petrus tot die besef kom, kyk wat
doen hy, hy het bitterlik gehuil oor hierdie vreeslike ding wat hy gedoen
het. Mag die Heilige Gees my en jou oortuig van die goed wat ons moet
regmaak terwyl ons nog in genade tyd leef .
Matt 4:19 En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers
van mense maak. V20 En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom
gevolg.
Matt. 26:74 Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die
man nie. V75 En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord
van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy
My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 4 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Harriette Jahs- 4 Oktober
Belinda v Wyk 4 Okt
Ronel König 4Okt
Gerty Ahrends 04 Okt
Frieda Snyman 4 Okt.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 80 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *