My Trooster

“Die ewige God is ’n woning, en onder — ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!” (DEUTERONÓMIUM 33:27).

Weet jy dat Jesus geween het? Dit beteken man of vrou jy mag huil. Het jy gevoel hoe lekker dit voel as jy sommer net heerlik gehuil het. Sien trane maak jou nie n tjankbalie nie. Dit was jou skoon. Eerlike en opregte trane vloei nie net by swakkes nie, Dit kom ook uit in liefde en teerheid en medelye voor by die sterke. Trane is n Godsgegewe bevrydings proses. Dit gee ons ook die geleentheid om op n natuurlike manier smart en droefheid te ontlaai. Trane versag ons leed en laat die genesing van ons wonde vinniger plaasvind. Trane is nie n teken van swakheid of geloof nie.

“Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.” (PSALMS 126:5-6).

Baie keer breek n nuwe seisoen in ons lewe aan as gevolg van dinge buite jou beheer. Soms as gevolg van jou eie besluite en optrede en ook wanneer God ingryp in jou lewe. Miskien beleef jy op hierdie oomblik n seisoen van trane. Jy voel of jou kompas uit is en jy in sirkels in die woestyn loop. Haal diep asem kyk voor jou le die beloofde land. Daar waar jy nie meer kan loop daar sal God jou dra. Vetrou dat Hy slegs jou hartseer dae ten goede sal gebruik. In die tyd leer om NET op God te vertrou. Groei in jou geloof en jou karakter sal jy so kan bou.

Ek sluit af vanmore met:
“En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” (OPENBARING 21:4).

Trane verag droefheid en bring berusting. Dis soos n pot wat jy gebruik het, jy tap vol water en tjoef sjaf skoon en sag is hy.

Trane bespoedig wonde se genesing. Die stof laag en dorre grond word deurweek met water. En n baie mooi kleur ryke gedagte: trane kan nooit keer dat jy nie die reenboog sien nie. Jou trane gaan nooit ongemerk by Jesus verby nie. In die trane van Sy Seun het God ook jou trane geheilig. Trane gee jou natuurlike ontlading van smart en droefheid, teerheid, liefde, Dis n suiwerings krag en ons moet God dank daarvoor. Jy bly nederig, soos die vrou wat met haar trane Jesus se voete gewas het. Drie druppels trane gaan nie genoeg wees nie.

Mag jy vanmore besef jys nie n swakkeling nie. God gee jou krag vir elke dag. Hy voorsien en versag weer harte. Onthou om op te kyk want die reenboog versyn net na die reen. AMEN

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 82 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *