Pampoen Bredie met skaapvleis

Foto: Rooi Rose
Bestanddele
2 groot uie, in ringe gesny
5 ml wonderpeperkorrels
2 ml kruienaeltjies
2 ml swartpeperkorrels
3 stukke pypkaneel
3 knoffelhuisies, gekneus
25 ml olie
1 kg skaapvleis, in stukke gesny
3 kg ryp pampoen, ontpit, geskil en in stukke gesny
1 groen brandrissie, ontpit en fyn gekap
5 ml neutmuskaat
50 ml pietersielie, fyn gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 ml suiker

Metode
Braai die uie, wonderpeperkorrels, kruienaeltjies, swartpeperkorrels, pypkaneel en knoffel in die olie in ‘n groot kastrol tot die uie sag is.
Voeg die vleis by, bedek en laat ongeveer 30 minute lank stowe tot dit halfpad sag is.
Voeg die pampoen, brandrissie, neutmuskaat en die helfte van die pietersielie by en laat stowe tot die pampoen sag is en die meeste van die vog verdamp het.
Geur met sout, peper en suiker.
Sprinkel die res van die pietersielie net voor opdiening oor.
Sit voor met rys.

Ontvang van Luzaan.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,064 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *