Portugese melktert

 

 

 

 

 

 

 

Genoeg vir 12

5 ml kremetart
3¾ koppie (530 g of 940 ml) koekmeel, 3 keer gesif en afgemeet
450 g koue botter, in 4 kwarte gesny
knippie sout
¾koppie (190 ml) yswater
1 eiergeel, geklits
15 ml asyn
Vulsel

160 g (190 ml) strooisuiker
180 ml water
1 kaneelstokkie
5 ml fyn neut (nutmeg)
375 ml melk
35 g mielieblom
3 eiergele
Meng kremetart met ¾ koppie (110 g) van gesifte meel en hou eenkant. Rasper kwart van die botter en voeg by res van meel. Voeg sout by. Vryf botter liggies met vingerpunte in. Meng yswater, eiergeel en asyn. Voeg dit by die meel met die ingevryfde botter. Meng goed tot dit soos Ertjie korrels lyk. Rol deeg 1 keer liggies uit op ’n werkoppervlak wat met meel bestrooi is en vorm ’n bal. Gooi die deeg 150 keer op die werkoppervlak. Jy kan nog meel strooi as dit vassit. Laat rus deeg vir 15 minute by kamertemperatuur.

Rol deeg ’n tweede keer uit en sprinkel werkoppervlak met die kremetart-meelmengsel soos nodig. Rasper tweede kwart van botter oor twee derdes van die uitgerolde deeg en vou 3 keer oor (die vou moet altyd aan jou regterkant wees). Verseël kante met koekroller. Rol die deeg weer uit en laat rus vir nog 15 minute. Herhaal die proses met die twee uitstaande kwarte botter. Laat rus deeg in yskas vir 2 uur. Haal uit en rol deeg op meelbestrooide oppervlak tot 5 mm dik uit. Sny kante netjies reguit en rol deeg in ’n lang wors. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas.

Vulsel

Verhit oond tot 200 °C. Plaas strooisuiker, water, kaneel en neut in middelslag-pot. Bring inhoud tot kookpunt en laat kook tot vloeistof met helfte verminder het. Plaas melk, mielieblom en eiers in mengbak. Klits goed. Voeg suiker stroop by en meng. Plaas terug in pot en roer oor matige hitte met draadklitser tot mengsel verdik, sowat 10 minute. Gebruik skerp mes en sny die koue blaardeeg in ringe van 1 cm. Rol op meelbestrooide oppervlak tot sowat 3 mm dik uit. Voer die 12 holtes van ’n standard muffinpan uit met die deeg. Sny deeg wat oorhang netjies af. Verdeel vulsel tussen holtes. Bak vir 25 – 30 minute of tot bokant donkerbruin en gestol is.

Carrina

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 503 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *