Pred 3:2(NV)

Dinsdag 10 Oktober 2017 Tema: Tyd vir alles 2
**** My eie woorde:
**** Ek dink die groot vraag wat ek en jy onsself moet afvra is “ Wat
plant en saai ek” Jy sien dit is dan ook wat ek oes, maar die oes kom
altyd meer as wat ek geplant of gesaai het en veel later as wat ek
geplant of gesaai het. As ek haat, nyd onvergewensgesindheid en
bitterheid saai oes ek donkerheid skeiding afguns en word ek ’n lelike
mens wat die kwaad in alles en almal sien en beleef. Dan is daar die
wonderlike belofte as ons in die Gees saai sal ons die ewige lewe op
die bestemde tyd oes. Kyk wat is die vrugte van die Gees wat ons oes.
Pred 3:2(NV) ‘n tyd om te plant, ‘n tyd om plante uit te trek,
Pred. 3:2 (AOV).‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te roei wat geplant
is,
Job 4 V8 Ek het ondervind: dié wat onreg plant en moeilikheid saai, oes
dit ook.
Gal 6 V7 Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat
‘n mens saai, dit sal hy ook oes. V8 Wie op die akker van sy sondige
natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie
op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.
V9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons
nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lank-
moedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid,
selfbeheersing.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 10 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
T Neis 10 Okt.
Paul Jansen v Rensburg 10 Okt.
Bonnie Peterson 10 Okt.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

(Visited 57 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui