Prediker 3V2

Woensdag 11 Oktober 2017 Tema: Tyd vir alles ..3
**** My eie woorde
Prediker 3V2 daar is ‘n tyd om gebore te word, ‘n tyd om te sterwe,…
**** Nie een van ons het beheer oor ons geboorte gehad nie nog minder
kan ons besluit wanneer ons moet sterf, alhoewel daar wel mense is
wat self besluit. Waaroor ons wel beheer het is dit wat ons met ons lewe
tussen daardie twee uiterstes doen. By dit alles sê die Here:
Jer 1: V5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou
geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy…..
Jer 29V11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en
nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! V12
Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede
verhoor. V13 Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle
met julle hele hart daarna vra.
2Pet.2:19 Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van
die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy
ook ‘n slaaf geword.
Tit 2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense
verskyn
Terwyl daar tyd is, kan ons vandag kies om ons aan die bose te
onderwerp in watter formaat ook al en sy slaaf te word of om ons aan
Christus se genade te onderwerp en Sy kind te wees. Nie ek
of jy kan vir enige mens kies nie en God kies ons, maar kies nie vir ons
nie nie. Ons moet self kies want Hy sal ons nie dwing nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 11 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Bettie Nel 11 Okt
Kotie Labuschagne 11 Okt
Lucas Esterhuizen 11 Okt
Ruth Cambell 11 Okt
Hester van der Spuy 11 Okt
Lizette Hayward 11 Okt
Dirk Horn 11 Okt.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *