Prediker3V3 (NV)

Donderdag 12 Oktober 2017 Tema: Tyd vir alles 4
**** My eie woorde
**** Dit is baie lekker om die goeie dinge van die HERE te hoor en
voorwaar is Hy goed en is Hy liefde. Nogtans kan sonde nie in Sy
Heilige teenwoordigheid kom nie en daarom sal ons almal eendag in die
oordeel staan om te ontvang wat ons toekom. Net soos ons ons kinders
waarsku en vermaan teen gevaar so is daar waarskuwings en
vermaning in die woord om ons rigting aan te wys.
Prediker3V3 (NV) ‘n tyd om ‘n lewe te neem, ‘n tyd om ‘n lewe te red,
‘n tyd om af te breek, ‘n tyd om te bou,
(AOV)3 ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd
om af te breek en ‘n tyd om op te bou,
2 Pet 2V9 Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te
red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te
hou. V10 Veral húlle sal gestraf word wat toegee aan hulle wellustige
vleeslike begeertes en wat die gesag van die Here verag.
1 Kor3 V9 Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die
saailand van God. Julle is ook die gebou van God. V10 Volgens die
genade wat God my gegee het, het ek soos ‘n goeie bouer die
fondament gelê, en ‘n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy
verder bou, V11 want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat reeds
gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 12 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
\verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Ruguillio Hamerschlacht 12 Okt
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *